7 Hy het weer ’n ander dag bepaal, na ’n lang tyd, net soos wat van bo af geskryf is, soos Dawid gesê het: “Vandag as julle na Sy stem luister en hoor, verhard nie julle verstand, wil en emosie nie,”
8 want as Y’hoshua, die seun van Nun, aan hulle rus gegee het, sou Hy nie agterna van ’n ander dag gepraat het nie.Eks 20:8-11; Yes 58:13; Mat 12:8
9 So bly dit dus, vir die mense van God, om die Shabbat te hou,
10 want wie ook al in Sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke net soos God van Syne.
11 Laat ons daarom moeite doen om in te gaan in dié rus sodat ons nie dalk val soos die wat nie oortuig is nie,
12 want die boodskap van God leef en is in alles genoeg en skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur tot by die skeiding van lewe, gees, gewrigte en van murg en beoordeel die motiewe en gewete van die verstand, wil en emosie.
13 Niks wat geskep is, is onsigbaar in Sy Teenwoordigheid nie, maar alles is kaal en ontbloot in die oë van Hom aan Wie ons verantwoording doen,