9 en so is Hy volmaak gemaak en het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die Rede vir die ewige lewe geword.
10 Hy is deur God as Hoofpriester aangestel, volgens die beeld van Malki-Tzedek.
11 Ons het baie te sê in ons redevoering aangaande Hom en dié Malki-Tzedek en dit is moeilik om te verduidelik omdat julle swak geword het in julle gehoor,
12 want alhoewel julle, vanweë die tyd wat julle geleer het, leermeesters behoort te wees, het julle weer nodig dat ’n mens julle moet leer wat die eerste beginsels van die woorde van God is en het julle weer ’n behoefte aan melk en nie aan vaste kos nie,
13 maar elkeen wat melk drink, is nie bekend met die boodskap van onpartydige opregtheid nie omdat hy ’n baba is,1 Kor 3:2
14 maar vaste kos is vir volwassenes, wat, deur oefening, hulle sintuie leer om goed van kwaad te onderskei.