17 daarom het God omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van Sy wil wou wys, dit met ’n eed bevestig
18 sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, groot vertroosting kan hê, ons wat in Hom skuiling gesoek het en sodat ons die versekerde verwagting mag vasgryp wat aan ons belowe is:
19 Hy, wat vir ons soos ’n anker is, wat vashou in ons lewe, wat nie beweeg sal word nie en binnekant die skeidingsgordyn ingegaan het,Ps 110:4
20 waar Yeshua vroeër ingegaan het namens ons en die ewige nie-Levitiese Priester geword het volgens die voorbeeld van Malki-Tzedek.Gen 14:18-20