7 want die grond drink die reën wat gereeld daarop val in en laat die weiding groei, bruikbaar vir hulle vir wie dit bewerk word. Dit ontvang ’n seën van God,
8 maar as dit dorings en distels voortbring, word dit verwerp, is dit naby vervloeking en sy einde is om verbrand te word.
9 Ons is egter aangaande julle, vir wie ons lief is, van uitstekende dinge oortuig; dinge wat met die lewe saamgaan, al praat ons só,
10 want God is nie boos dat Hy julle dade en die liefde wat julle in Sy Karakter en Outoriteit (Naam) gewys het, deurdat julle die afgesonderdes bedien het en nog bedien, sal ignoreer nie.
11 Ons begeer van elkeen van julle dit: ywer vir die volmaaktheid van julle versekerde verwagting, tot die einde toe
12 en dat julle nie sal verflou nie, maar dat julle navolgers sal wees van hulle wat deur vertroue en langdurige geduld erfgename van die belofte geword het,Gen 22:16
13 want toe God aan Avraham die belofte gegee het, het Hy, aangesien Hy by geen meerdere ’n eed kon sweer nie, by Homself ’n eed gesweerGen 22:17