14 hoeveel te meer sal die bloed van Die Gesalfde Een, wat Homself, sonder vlek, deur die ewige Gees aan God geoffer het, ons gewete reinig van dooie werke, om die lewende God te dien.Yir 31:30-33 want in Sy dood was Hy Verlossing vir díe wat teen die eerste verbond oortree het sodat ons die belofte mag ontvang, díe wat geroep is tot ’n ewige erfenis,
15 As gevolg hiervan is Hy Tussenganger van ’n nuwe verbond,
16 want waar daar ’n testament is, wys dit die dood van hom wat dit opgestel het,
17 want dit is slegs geldig vir ’n dooie, want solank die opsteller leef het dit geen gebruik nie.
18 As gevolg hiervan is selfs die eerste nie sonder bloed ingestel nie,
19 want toe al die opdragte van die wet deur Moshe aan al die mense beveel is, het hy die bloed van ’n kalf saam met water, skarlakenrooi wol, hisop en die boekrol gevat en al die mense besprinkelEks 24:8
20 en vir hulle gesê: “Hierdie is die bloed van die verbond wat God julle beveel het.”