1 Hy het Sy twaalf studentevolgelinge na Hom toe geroep en aan hulle outoriteit gegee oor vuil geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke pyn te genees.
2 Hierdie was die name van die twaalf afgevaardigdes: eerstens, Shim’on wat genoem word Kefa en Andréas, sy broer; Ya’akov, die seun van Zavdai en Yoganan, sy broer;
3 Filippos en die seun van (Bar)-Talmai; T’oma en Mattityahu, die belastinggaarder; Ya’akov, die seun van (Bar)-Halfai en Labi wat genoem word Taddai;
4 Shim’on die Yweraar en Y’hudah van K’riot, wat Hom oorgegee het.
5 Yeshua het hierdie twaalf gestuur en hulle opdrag gegee en gesê: “Moenie, op pad, na die ander volke toe gaan nie en moenie in die stede van Shomron ingaan nie,
6 maar gaan spesifiek na die verlore skape van die huis van Yisra’el
7 en wanneer julle gaan, kondig aan en sê: ‘Die Koninkryk van die hemel het naby gekom.’