1 Teen die aand van die Shabbat, toe die eerste dag van die week begin aanbreek, kom Miryam van Migdala en die ander Miryam om na die graf te kyk.
2 Let op, daar was ’n groot aardbewing, want ’n engel van יהוה het uit die hemel afgekom en die steen van die ingang af weggerol en daarop gaan sit.
3 Sy voorkoms was soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu.
4 As gevolg van vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword,
5 maar die boodskapper sê vir die vroue: “Moenie bang wees nie, want ek weet julle soek Yeshua wat gekruisig is.
6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan net soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar ons Meester gelê het
7 en gaan vinnig, sê vir Sy studentevolgelinge: ‘Hy het opgestaan uit die dood en gaan voor julle uit na die Galil. Daar sal julle Hom sien.’ Let op, ek het vir julle gesê.”
8 Hulle het dadelik weggegaan van die graf af, bang en met groot blydskap en gehardloop om dit aan Sy studentevolgelinge te vertel.
9 Let op, Yeshua ontmoet hulle en sê: “Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid!” Hulle het gekom en Sy voete vasgehou en Hom aanbid.
10 Toe sê Yeshua vir hulle: “Moenie bang wees nie. Gaan en vertel vir My broers dat hulle na die Galil moet gaan en daar sal hulle My sien.”
11 Terwyl hulle op pad was, het sommiges van die wag in die stad ingegaan en aan die leierpriesters alles vertel wat gebeur het
12 en hulle het voldoende geld gevat en dit vir die soldate gegee en saam met die oudstes bymekaargekom en vergadering gehou
13 en vir hulle gesê: “Julle moet sê: ‘Sy studentevolgelinge het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was’
14 en as dit aan die goewerneur rapporteer word, sal ons hom tevrede stel, julle moenie bekommerd wees nie.”
15 Hulle het die geld gevat en gedoen soos hulle beveel is en hierdie storie is versprei onder die Jode, tot vandag toe.
16 Die elf studentevolgelinge het na die Galil gegaan, na die berg waar Yeshua met hulle afgespreek het
17 en toe hulle Hom sien, het hulle neergeval voor Hom in aanbidding, maar sommige het getwyfel.
18 Yeshua het nadergekom en met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Alle outoriteit in die hemel en op aarde is aan My gegee en soos die Vader My gestuur het, so stuur Ek julle.
19 Gaan daarvolgens, maak studentevolgelinge van al die nasies, doop hulle in die Outoriteit en Karakter van die Vader en die Seun en die Gees van Afsondering1 Yog 2:6 en let op, Ek is saam met julle al die dae tot aan die einde van die heelal. Dit is waar.”
20 en onderrig hulle sodat hulle alles sal gehoorsaam wat Ek julle beveel het