17 maar wees versigtig vir die mense, want hulle sal jul oorlewer aan die howe en in hulle bymekaarkomplekke sal hulle julle gésel.
18 Hulle sal julle ook voor streeksleiers en konings bring, om My ontwil, tot ’n getuienis vir hulle en vir die ander nasies,
19 maar wanneer hulle julle arresteer, moenie bekommerd wees oor hoe, of wat, julle sal sê nie, want wat julle moet sê sal op daardie oomblik vir julle gegee word,
20 want dit sal nie julle wees wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle praat.Mik 7:2,5
21 ’n Broer sal sy broer tot die dood oorlewer en die vader sy kind en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaakOpen 2:26; Open 3:12,21
22 en almal sal julle haat ter wille van My Outoriteit en Karakter (Naam), maar wie ook al uithou tot die einde toe, hy sal gered word.
23 Wanneer hulle julle vervolg in hierdie stad, vlug na ’n ander toe, want dit is waar wat Ek vir julle sê: ‘Julle sal nie die stede van die huis van Yisra’el voltooi voordat die Seun van die mens sal kom nie.’