5 Yeshua het hierdie twaalf gestuur en hulle opdrag gegee en gesê: “Moenie, op pad, na die ander volke toe gaan nie en moenie in die stede van Shomron ingaan nie,
6 maar gaan spesifiek na die verlore skape van die huis van Yisra’el
7 en wanneer julle gaan, kondig aan en sê: ‘Die Koninkryk van die hemel het naby gekom.’
8 Genees siekes, reinig melaatses, dryf demone uit. Sonder betaling is dit ontvang, sonder betaling moet dit gegee word.
9 Moenie goud of silwer of koper in julle beurse hou nie,
10 geen sak vir die pad of twee kledingstukke of sandale of ’n wandelstok nie, want die arbeider is sy versorging waardig,
11 maar in watter stad of dorp julle ook al ingaan, onderskei wie waardig is en bly dan dáár totdat julle vertrek.