9 Moenie goud of silwer of koper in julle beurse hou nie,
10 geen sak vir die pad of twee kledingstukke of sandale of ’n wandelstok nie, want die arbeider is sy versorging waardig,
11 maar in watter stad of dorp julle ook al ingaan, onderskei wie waardig is en bly dan dáár totdat julle vertrek.
12 Wanneer julle in ’n huis ingaan, spreek vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid oor die huishouding
13 en as die huis dit waardig is, sal julle seëning (vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid) daarop rus, maar as dit nie waardig is nie, sal julle seëning na julle toe terugkom.
14 Wanneer iemand julle nie ontvang en nie na julle boodskap luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.
15 Dit is waar wat Ek vir julle sê: ‘In die oordeelsdag sal dit vir die land van S’dom en `Amorra meer uithoudbaar wees as vir daardie stad.’Luk 10:3 Wees daarom uitgeslape soos slange en onskuldig soos duiwe,