14 en as julle bereid is om dit te aanvaar: hy is Eliyahu wat sou kom.
15 Wie ook al ’n oor het wat wil hoor, laat hom hoor,
16 maar waarmee sal Ek hierdie geslag vergelyk? Dit is net soos kinders wat in die strate sit en na hulle maats roep
17 en sê: ‘Ons het vir julle gesing en julle het nie gedans nie; ons het vir julle gehuil en julle het nie getreur nie,’
18 Yoganan het gekom en niks geëet of gedrink nie en hulle sê: ‘Hy het ’n demoon in hom.’
19 Die Seun van die mens het gekom al etende en drinkende en hulle sê: ‘Let op, ’n vraat en ’n wynsuiper, ’n vriend van belastinggaarders en sondaars.’ Wysheid word geregverdig deur die dade wat dit voortbring.”
20 Toe begin Yeshua die stede waarin die meeste van Sy kragtige dade plaasgevind het, aanspreek omdat hulle nie erken en omgedraai het van hulle sonde na God toe nie