1 In daardie tyd het Yeshua op die Shabbat deur die graanland geloop en Sy studentevolgelinge was honger en het are begin pluk en geëet,
2 maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: “Let op, U studentevolgelinge doen wat nie toegelaat is om op die Shabbat te doen nie.”
3 Hy sê egter vir hulle: “Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy honger was nie; hy en die wat saam met hom was;
4 hoe hy in die huis van God ingegaan het en die brode van die tafel van יהוה geëet het, wat nie vir hom, of die wat saam met hom was, toegelaat was om te eet nie, maar slegs vir die priesters?Num 28:9,10
5 Of het julle nie in die wet gelees dat, op die Shabbat, die priesters in die tempel die Shabbat nie afsonder en tog onskuldig is nie?Z’kh 6:12-13