16 en hulle gewaarsku om Hom nie bekend te maak nie
17 sodat dit wat Yesha’yahu die profeet gesê het, vervul sou word toe hy gesê het:
18 “Let op, My Dienskneg in Wie Ek vreugde vind, die Een wat Ek liefhet, waarna My Gees verlang het! Ek sal My Gees op Hom sit en Hy sal oordeel aan die nasies verkondig.
19 Hy sal nie stry of uitroep nie en niemand sal Sy stem op die strate hoor nie.
20 ’n Gekneusde riet sal Hy nie afbreek nie en ’n flikkerende lamp sal Hy nie uitblus nie; Hy sal getrou regverdige oordeel bring enYes 42:1
21 in Sy Outoriteit en Karakter (Naam) sal die nasies versekerde verwagting hê.”
22 Toe het hulle ’n demoonbesetene wat blind en stom was, na Hom toe gebring en Hy het hom gesond gemaak sodat die blinde en stomme kon sien en praat