5 Of het julle nie in die wet gelees dat, op die Shabbat, die priesters in die tempel die Shabbat nie afsonder en tog onskuldig is nie?Z’kh 6:12-13
6 Ek sê egter vir julle: ‘Een groter as die tempel, is hier,’Hos 6:6; Ps 40:7; Ps 51:18-21 sou julle nie die onskuldiges veroordeel het nie,
7 maar as julle verstaan het wat dit beteken: ‘Ek wil liefdevolle omgee hê en nie offerandes nie,’
8 want die Seun van die mens is Meester van die Shabbat.”
9 Yeshua het daarvandaan weggegaan na hulle bymekaarkomplek toe.
10 Daar was ’n persoon met ’n verdroogde hand en hulle het Hom gevra sodat hulle Hom kon aankla en gesê: “Is dit toelaatbaar om op die Shabbat gesond te maak?”
11 Hy sê vir hulle: “Wie is daar onder julle wat een skaap het en as dit op die Shabbat in ’n gat val, dit nie sal gryp en dit uithaal nie?Lev 23:3