1 Daardie selfde dag het Yeshua uit die huis uitgegaan en langs die see gaan sit
2 en ’n groot groep mense het by Hom bymekaargekom sodat Hy in ’n boot geklim en gaan sit het en die hele skare mense het op die strand gestaan.
3 Hy het baie dinge deur vergelykende stories aan hulle vertel en gesê: “Let op, ’n saaier het uitgegaan om te saai
4 en terwyl hy saai, val sommiges langs die pad en ’n voël het gekom en dit opgeëet.
5 Ander het op die rots geval waar daar nie baie grond was nie en dit het dadelik opgekom omdat daar nie diep grond was nie.