20 Dit wat op die rots gesaai is: dit is hy wat die boodskap hoor en dit in ’n kort rukkie met blydskap aanvaar,
21 maar hy het geen wortel in homself nie en is net vir ’n tyd en as daar moeilikheid en vervolging kom ter wille van die boodskap, val hy dadelik uitmekaar.
22 Dit wat tussen die dorings gesaai is: dit is hy wat die boodskap hoor, maar die dinge van hierdie wêreld en die misleiding van rykdom versmoor die boodskap en hy is sonder vrugte.
23 Die wat op die goeie grond gesaai is: dit is hy wat My boodskap hoor en verstaan en vrugte dra: sommige ’n honderd-, sommige sestig-, sommige dertigvoudig.”
24 ’n Ander vergelykende storie het Hy aan hulle vertel en gesê: “Die Koninkryk van die hemel is soos ’n man wat goeie saad in sy land gesaai het,
25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en darrel (vals koring) tussen die koring gesaai en weggegaan.
26 Toe die blare opgroei en die spruitjies vrugte vorm, toe verskyn die darrel ook.