29 Hy antwoord hulle: ‘Is dit nie dat as julle die darrel bymekaarmaak, julle ook saam met hulle die graan sal ontwortel nie?
30 Laat altwee saam groei tot die oestyd toe en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die darrel bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar maak die graan bymekaar in my skuur.’”
31 ’n Ander vergelykende storie het Hy vir hulle vertel en gesê: “Die Koninkryk van die hemel is soos ’n mosterdsaad wat ’n man vat en in sy land saai.
32 Hierdie is die kleinste van alle sade, maar as dit gegroei het, is dit die grootste van alle kruie en word dit ’n boom sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.”
33 ’n Ander vergelykende storie het Hy hulle vertel: “Die Koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat ’n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit alles ingesuur is.”
34 Al hierdie dinge het Yeshua deur vergelykende stories vir die skare gesê en sonder vergelykende stories het Hy vir hulle niks gesê niePs 78:2
35 sodat dit wat deur die profeet gesê, is vervul sou word wat sê: “Ek sal My mond oopmaak deur vergelykende stories en Ek sal dinge sê wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.”