35 sodat dit wat deur die profeet gesê, is vervul sou word wat sê: “Ek sal My mond oopmaak deur vergelykende stories en Ek sal dinge sê wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.”
36 Toe het Yeshua die skare gelos en huis toe gegaan en Sy studentevolgelinge het na Hom toe gekom en vir Hom gesê: “Verduidelik vir ons die vergelykende storie van die darrel en die land.”
37 Hy het geantwoord en vir hulle gesê: “Hy wat die goeie saad gesaai het, is die Seun van die mens
38 en die land is die wêreld. Die goeie saad is die kinders van die Koninkryk, maar die vals saad is die kinders van die bose een.
39 Meer nog, die vyand wat hulle gesaai het, is die teëstander. Die oestyd is die einde van die wêreld en die maaiers is die engele.
40 Net soos die darrel bymekaargemaak en in die vuur verbrand word, sal dit wees aan die einde van hierdie wêreld:
41 die Seun van die mens sal Sy boodskappers uitstuur en hulle sal uit Sy Koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat wetteloosheid beoefen