1 In daardie tyd het Herodes, die heerser oor ’n kwart van die land, van Yeshua se bekendheid gehoor,
2 en aan sy onderdane gesê: “Hierdie is Yoganan, die Doper. Hy het uit die dood uit opgestaan en daarom doen Hy dié wonderwerke,”
3 want Herodes het Yoganan gevang, hom vasgebind en in die tronk gesit as gevolg van Heródias, die vrou van Filippos, sy broer,
4 want Yoganan het vir hom gesê: “Dit is nie reg volgens die wet dat sy jou vrou is nie.”
5 Hy wou hom doodmaak, maar hy het die mense gevrees omdat hulle hom as ’n profeet beskou het.
6 Tydens Herodes se verjaarsdag by die huis het die dogter van Herodias tussen die gaste gedans en Herodes plesier.
7 As gevolg hiervan het hy met ’n eed beloof om vir haar enige iets te gee wat sy sou vra.