20 Almal het geëet en was versadig en hulle het die oortollige stukke opgetel: twaalf mandjies vol.
21 Dié wat geëet het, was omtrent vyf duisend mans, buiten die vroue en kinders.
22 Dadelik het Yeshua Sy studentevolgelinge in die boot laat klim om voor Hom uit te gaan na die oorkant terwyl Hy die skare wegstuur.
23 Nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy alleen op met die berg om te bid en toe dit donker geword het, was Hy alleen daar.
24 Die boot was alreeds ’n afstand van die land af terwyl dit hewig rondgeslinger is deur die golwe, want die wind was teen hulle,Iyov 9:8
25 maar in die vierde nagwaak het Yeshua na hulle toe aangekom terwyl Hy op die water geloop het.
26 Sy studentevolgelinge het gesien dat Hy op die water loop en hulle was ontsteld en sê: “Dit is ’n visioen.” Hulle het uitgeroep van vrees,