26 Sy studentevolgelinge het gesien dat Hy op die water loop en hulle was ontsteld en sê: “Dit is ’n visioen.” Hulle het uitgeroep van vrees,
27 maar Yeshua het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees bemoedig, אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees! Moenie bang wees nie.”
28 Kefa antwoord en sê vir Hom: “My Meester, as dit U is, beveel my om op die water na U toe te kom.”
29 Yeshua sê vir hom: “Kom!” Kefa klim van die skuit af en loop op die water na Yeshua toe
30 en toe hy sien dat die wind sterk was, het hy bang geword en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: “My Meester, red my!”
31 Ons Meester het in ’n oogwink Sy hand uitgesteek en hom vasgehou en vir hom gesê: “O, klein van vertroue, waarom het jy getwyfel?”
32 Toe hulle in die skuit klim, het die wind gaan lê.