28 Kefa antwoord en sê vir Hom: “My Meester, as dit U is, beveel my om op die water na U toe te kom.”
29 Yeshua sê vir hom: “Kom!” Kefa klim van die skuit af en loop op die water na Yeshua toe
30 en toe hy sien dat die wind sterk was, het hy bang geword en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: “My Meester, red my!”
31 Ons Meester het in ’n oogwink Sy hand uitgesteek en hom vasgehou en vir hom gesê: “O, klein van vertroue, waarom het jy getwyfel?”
32 Toe hulle in die skuit klim, het die wind gaan lê.
33 Die wat in die skuit was, kom en val voor Hom neer en sê: “Waarlik, U is die Seun van God!”
34 Hulle het oorgevaar en in die streek van Galila gekom