19 want uit die verstand, wil en emosie kom daar bose gedagtes: moord, egbreuk, seksuele immoraliteit, diefstal, valse getuienis en laster.
20 Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak nie die mens onrein nie.”
21 Yeshua het daarvandaan weggegaan en by die gebiede van Tzor en Tzidon gekom.
22 Let op, ’n Kena’anitiese vrou wat van daardie area gekom het, het na Hom geroep en gesê: “Wees my goedgunstig, my Meester, Seun van Dawid! My dogter word erg deur ’n demoon gedryf,”
23 maar Hy het haar nie ’n woord geantwoord nie. Toe kom Sy studentevolgelinge nader en vra Hom en sê: “Stuur haar weg, want sy skree agter ons aan.”
24 Hy antwoord egter en sê vir hulle: “Ek is nie gestuur nie, behalwe na die afgedwaalde skape van die huis van Yisra’el,”
25 maar sy kom en val voor Hom neer en sê: “My Meester, help my!”