28 Toe sê Yeshua vir haar: “O vrou, groot is jou vertroue; dit sal vir jou gedoen word soos jy wil” en haar dogter is genees van daardie oomblik af.
29 Yeshua het daarvandaan weggegaan en langs die see van Galila gekom en Hy het die berg opgeklim en daar gaan sit
30 en daar kom ’n groot skare na Hom toe met kreupeles, blindes, dowes, stommes, gebreklikes en baie ander saam met hulle en hulle het dié by die voete van Yeshua neergesit en Hy het hulle gesond gemaak
31 sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond word, kreupeles loop en blindes sien en hulle het die God van Yisra’el verhewe verklaar.
32 Toe het Yeshua sy studentevolgelinge na Hom toe geroep en vir hulle gesê: ‘Ek voel jammer vir hierdie menigte. Let op, hulle bly al drie dae by My en daar is niks vir hulle om te eet nie en Ek is nie gewillig om hulle weg te stuur terwyl hulle vas sodat hulle nie miskien op die pad flou word nie.
33 Sy studentevolgelinge sê vir Hom: “Waar sal ons in dié wildernis genoeg brode vandaan kry om so ’n groot skare te versadig?”
34 Yeshua sê vir hulle: “Hoeveel brode het julle?” Hulle antwoord: “Sewe en ’n paar klein vissies.”