10 Ook nie die sewe brode van die vier duisend en hoeveel ronde mandjiesvol julle opgetel het nie?
11 Hoe is dit dat julle nie verstaan dat Ek nie oor brood met julle gepraat het nie, maar om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs?”
12 Toe het hulle verstaan dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van brood nie, maar vir die leringe van die Fariseërs en Sadduseërs.
13 Toe Yeshua in die gebied van Kaisareia-Filippoi kom, vra Hy Sy studentevolgelinge en sê: “Wie sê die mense dat Ek is, net ’n seun van ’n mens?”
14 Hulle antwoord: “Sommige sê Yoganan, die Doper, maar ander Eliyahu en ander Yirmeyahu of een van die profete.”
15 Hy sê vir hulle: “Maar julle, wie sê julle is Ek?”
16 Shim’on Kefa antwoord en sê: “U is die Gesalfde Een, die Seun van die Lewende God.”