12 Toe het hulle verstaan dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van brood nie, maar vir die leringe van die Fariseërs en Sadduseërs.
13 Toe Yeshua in die gebied van Kaisareia-Filippoi kom, vra Hy Sy studentevolgelinge en sê: “Wie sê die mense dat Ek is, net ’n seun van ’n mens?”
14 Hulle antwoord: “Sommige sê Yoganan, die Doper, maar ander Eliyahu en ander Yirmeyahu of een van die profete.”
15 Hy sê vir hulle: “Maar julle, wie sê julle is Ek?”
16 Shim’on Kefa antwoord en sê: “U is die Gesalfde Een, die Seun van die Lewende God.”
17 Yeshua antwoord en sê vir hom: “Jy is geseënd, Shim’on, seun van Yoganan, want vlees en bloed het dit nie aan jou openbaar nie, maar My Vader wat in die hemel is
18 en Ek sê verder vir jou: ‘Jy is Kefa. Op Hierdie Rots sal Ek My vergadering van uitgeroeptes bou en die hekke van Sh’ol sal nie daarteen kan staan nie.