1 Ná ses dae het Yeshua vir Kefa, Ya’akov en Yoganan, sy broer, teen ’n hoë berg opgevat in afsondering
2 en Yeshua het voor hulle van voorkoms verander en Sy gesig het geskyn soos die son, maar Sy klere het stralend wit geword
3 en Moshe en Eliyahu het aan hulle verskyn, in gesprek met Hom.
4 Kefa antwoord en sê vir Yeshua: “My Meester, dit is goed dat ons hier is; as U wil, sal ons hier drie afskortings opslaan: een vir U en een vir Moshe en een vir Eliyahu.”