11 Yeshua antwoord en sê: “Eliyahu kom eers sodat alles mag eindig,
12 maar Ek sê vir julle, let op, Eliyahu het alreeds gekom en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. Net só sal die Seun van die mens ook deur hulle ly.”Mal 3:23,24
13 Toe verstaan die studentevolgelinge dat Hy met hulle van Yoganan, die Doper, gepraat het.
14 Toe hulle by die skare kom, kom daar ’n man na Hom toe en kniel voor Hom
15 en sê vir Hom: “My Meester, ontferm U oor my seun, want hy is waansinnig en ly baie, want hy val dikwels in die vuur en in die water
16 en ek het hom na U studentevolgelinge gebring en hulle kon hom nie gesond maak nie.”
17 Yeshua antwoord en sê: “O vertrouelose en misleide geslag, tot wanneer sal Ek by julle wees, tot wanneer sal Ek julle verdra? Bring hom hier na My toe.”