19 Toe kom die studentevolgelinge afsonderlik na Yeshua toe en sê: “Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?”
20 Yeshua antwoord hulle: “Deur julle gebrek aan vertroue. Dit is waar wat Ek vir julle sê, as julle vertroue in julle het soos ’n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: ‘Beweeg weg van hierdie plek af ’ en hy sal beweeg en niks sal vir julle moeilik wees nie,
21 maar hierdie soort gaan nie uit, behalwe deur gebed en vas nie.”
22 Terwyl hulle in die Galil reis, het Yeshua vir hulle gesê: “Die Seun van die mens sal oorgegee word in die hande van die mense,
23 hulle sal Hom vermoor en op die derde dag sal Hy opstaan” en dit het hulle baie bedroef gemaak.
24 Toe hulle in K’far-Nagum kom, het die wat die tempelbelasting (dubbel dragma) ontvang, na Kefa gegaan en vir hom gesê: “Betaal julle Leermeester nie die tempelbelasting nie?”
25 Hy sê vir hulle: “Ja.” Toe Kefa in die huis inkom, spring Yeshua hom voor en sê vir hom: “Wat dink jy, Shim’on? Van wie neem die konings van die aarde tol of belasting: van hulle seuns of van ander?”