9 en terwyl hulle van die berg afklim, het Yeshua hulle beveel en vir hulle gesê: “Julle mag voor niemand iets van die visioen sê totdat die Seun van die mens uit die dood uit opgestaan het nie.”
10 Sy studentevolgelinge vra Hom en sê: “Waarom sê die leraars van die wet dan dat Eliyahu eers moet kom?”
11 Yeshua antwoord en sê: “Eliyahu kom eers sodat alles mag eindig,
12 maar Ek sê vir julle, let op, Eliyahu het alreeds gekom en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. Net só sal die Seun van die mens ook deur hulle ly.”Mal 3:23,24
13 Toe verstaan die studentevolgelinge dat Hy met hulle van Yoganan, die Doper, gepraat het.
14 Toe hulle by die skare kom, kom daar ’n man na Hom toe en kniel voor Hom
15 en sê vir Hom: “My Meester, ontferm U oor my seun, want hy is waansinnig en ly baie, want hy val dikwels in die vuur en in die water