12 Wat dink julle? As iemand ’n honderd skape het en een van hulle dwaal weg, sal hy nie die nege en negentig laat staan en op die heuwels die weggedwaalde een gaan soek nie?
13 Waarlik, Ek sê vir julle dat as hy hom kry, hy blyer is oor hom as oor die nege en negentig wat nie weggedwaal het nie.
14 Net so is dit nie die begeerte van julle Vader, wat in die hemel is, dat een van hierdie kleintjies verlore sal gaan nie,
15 maar as jou broer teenoor jou oortree, gaan wys hom tereg; slegs tussen jou en hom. As hy vir jou luister, dan het jy jou broer gewen,Deut 19:15
16 maar as hy nie luister nie, vat nog een of twee saam met jou sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord bevestig kan word,2 Thes 3:6
17 maar as hy nie na hulle luister nie, sê dit vir die gemeente en as hy ook nie na die gemeente luister nie, laat hom vir jou wees soos die belastinggaarder en die ongelowige.
18 Waarlik Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde vasbind, sal vasgebind wees, soos dit reeds in die hemel is en alles wat julle op die aarde losmaak, sal losgemaak wees, soos dit reeds in die hemel is.