9 en as jou oog vir jou ’n struikelblok is, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af (stop dit en laat staan dit). Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan (nie alles te sien nie), as om twee oë te hê en in die hel van vuur te val.
10 Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie, want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemel altyd die Teenwoordigheid van My Vader, wat in die hemel is, sien,
11 want die Seun van die mens het gekom om te red, wie ook al verlore is.
12 Wat dink julle? As iemand ’n honderd skape het en een van hulle dwaal weg, sal hy nie die nege en negentig laat staan en op die heuwels die weggedwaalde een gaan soek nie?
13 Waarlik, Ek sê vir julle dat as hy hom kry, hy blyer is oor hom as oor die nege en negentig wat nie weggedwaal het nie.
14 Net so is dit nie die begeerte van julle Vader, wat in die hemel is, dat een van hierdie kleintjies verlore sal gaan nie,
15 maar as jou broer teenoor jou oortree, gaan wys hom tereg; slegs tussen jou en hom. As hy vir jou luister, dan het jy jou broer gewen,Deut 19:15