22 maar toe die jongman dié boodskap hoor, het hy bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.
23 Yeshua sê vir Sy studentevolgelinge: “Dit is waar, Ek sê vir julle, dit is moeilik vir ’n ryk man om in die Koninkryk van die hemel in te gaan.Iyov 24:22
24 Ek sê weer vir julle, dit is makliker vir ’n kameelhaartou om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die Koninkryk van God in te gaan.”
25 Toe sy studentevolgelinge dit hoor, was hulle baie verbaas en sê: “Wie kan dan lewe?”
26 Yeshua het na hulle gekyk en vir hulle gesê: “Vir mense is dit nie moontlik nie, maar by God is alle dinge moontlik.”
27 Toe antwoord Kefa en sê vir Hom: “Let op, ons het alles verlaat en saam met U gekom, wat sal dan vir ons gedoen word?”
28 Yeshua sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle dat julle wat saam met My ingaan in die Nuwe Wêreld, wanneer die Seun van die mens op Sy troon van Gemanifesteerde Teenwoordigheid sit, ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Yisra’el sal oordeel