3 Ongeveer die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig by die mark staan
4 en hy sê vir hulle: ‘Gaan julle ook in my wingerd in en ek sal aan julle gee wat reg is’
5 en hulle het gegaan. Hy het weer ongeveer die sesde en die negende uur uitgegaan en dieselfde gedoen.
6 Amper op die elfde uur van die dag gaan hy uit en vind nog ander ledig staan en sê vir hulle: ‘Hoekom staan julle die hele dag hier ledig?’
7 Hulle antwoord hom: ‘Omdat niemand ons gehuur het nie.’ Hy sê vir hulle: ‘Gaan julle ook in die wingerd in en wat reg is, sal julle ontvang.’
8 Toe die aand aanbreek, sê die eienaar van die wingerd vir sy bestuurder: ‘Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon en begin van die laastes af tot by die eerstes.’
9 Die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen een denarion ontvang