6 Amper op die elfde uur van die dag gaan hy uit en vind nog ander ledig staan en sê vir hulle: ‘Hoekom staan julle die hele dag hier ledig?’
7 Hulle antwoord hom: ‘Omdat niemand ons gehuur het nie.’ Hy sê vir hulle: ‘Gaan julle ook in die wingerd in en wat reg is, sal julle ontvang.’
8 Toe die aand aanbreek, sê die eienaar van die wingerd vir sy bestuurder: ‘Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon en begin van die laastes af tot by die eerstes.’
9 Die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen een denarion ontvang
10 en toe die eerstes kom, het hulle gehoop dat hulle meer sal ontvang en hulle het ook elkeen een denarion ontvang.
11 Toe hulle dit ontvang het, kla hulle by die huisheer
12 en het gesê: ‘Hierdie laastes het een uur gewerk en u het hulle gelyk behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het,’