18 Vroegoggend het Hy teruggegaan na die stad toe; Hy was honger
19 en Hy sien ’n vyeboom langs die pad en gaan daarheen, maar Hy het niks daaraan gevind nie behalwe blare en Hy sê vir dit: “Daar sal nooit weer vrugte aan jou wees tot in ewigheid nie;” en onmiddellik het die vyeboom verdroog.
20 Toe die studentevolgelinge dit sien, was hulle verwonderd en sê: “Hoe het die vyeboom in ’n oogwink verdroog?”
21 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle, as julle vertroue in julle het en nie twyfel nie, sal julle nie slegs doen wat met die vyeboom gebeur het nie, maar al sê julle vir hierdie berg: ‘Lig jou op en gooi jou in die see,’ sal dit gebeur
22 en alles wat julle ook al in gebed vra en julle vertrou, sal julle ontvang.”
23 Toe Yeshua in die tempel ingegaan het, kom die leierpriesters en die oudstes van die volk na Hom toe terwyl Hy besig was om te leer en hulle sê vir Hom: “In watter outoriteit doen U hierdie dinge en wie het aan U hierdie outoriteit gegee?”
24 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek sal julle ook een ding vra en as julle My antwoord, sal Ek julle sê in watter outoriteit Ek hierdie dinge doen.