25 Daar was nou by ons sewe broers. Die eerste het getrou en gesterf en geen seuns gehad nie. Hy het sy vrou vir sy broer agtergelaat
26 en net so ook die tweede en die derde tot by die sewende
27 en na almal het die vrou ook gesterf.
28 Daarvolgens dan, in die opstanding, van watter een van die sewe sal sy die vrou wees, want almal het haar gevat?”
29 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Julle fouteer omdat julle die Skrifte nie verstaan en ook nie die wonderwerkende krag van God nie,
30 want in die opstanding van die dooies vat hulle nie vrouens en is vrouens ook nie vir mans nie, maar hulle is net soos die engele van God in die hemel.
31 Wat die opstanding van die dooies egter betref; het julle nie gelees wat vanaf God vir julle gesê is nie? Hy wat gesê het:Eks 3:6 God is nie ’n God van dooies nie, maar van lewendes.”