18 ‘Wie ’n eed sweer by die altaar; dit is niks nie, maar wie ’n eed sweer by die offerande bo-op dit, hy is onder verpligting.’
19 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die offerande, of die altaar wat die offer afsonder?
20 Wie dus ’n eed sweer by die altaar, sweer ’n eed dáárby en by alles wat daarop is
21 en wie ’n eed sweer by die tempel, sweer ’n eed dáárby en by Hom wat daarin woon
22 en wie ’n eed sweer by die hemel, sweer ’n eed by die troon van God en by Hom wat daarop sit.Deut 14:22; Luk 11:42
23 Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, want julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander en die meer gewigtige dinge van die wet laat julle ná: die regverdige oordeel, die omgee en die vertroue. Hierdie dinge is nodig vir julle om te doen; moenie daardie dinge nalaat nie.
24 Blinde gidse, wat die muggies uitsif, maar die kamele insluk!