4 want hulle bind swaar laste en sit dit op die skouers van die mense, maar hulle is nie gewillig om hulle vinger te verroer en daaraan te raak nie,
5 maar alles wat hulle doen, doen hulle om deur die mense gesien te word. Hulle maak hul gebedskassies breed en die blou draad in hul tossels aan hulle klere lank.
6 Hulle is lief vir die eersteklas sitplekke by feeste en die eersteklas sitplekke in bymekaarkomplekke,
7 die groetwense op die stadsplein en om deur die mense ‘my groot een’ genoem te word,
8 maar julle, laat julle nie ‘my groot een’ noem nie, want daar is net Een wat Groot is en julle is almal broers.
9 Julle moenie julleself op die aarde vader noem nie, want een is julle Vader: Hy wat in die hemel is.
10 Julle moet julle ook nie leiers laat noem nie, want een is julle Leier: Die Gesalfde Een.