12 en deur die oorvloed van wetsoortreding, sal die liefde van baie afkoel,
13 maar wie vasstaan tot die einde toe, hy sal die lewe hê.
14 Hierdie goeie boodskap van die Koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot getuienis vir al die nasies en dan sal die einde kom.Dan 9:27;11:31 sien staan in die plek wat afgesonder is, moet die leser verstaan,
15 Wanneer julle dan die teken van die verwerplikheid van afgodery, waarvan gepraat is deur die profeet Dani’el,
16 dan moet dié wat in Y’hudah is, vlug na die berge;
17 wie op die dak is, moenie afkom om iets uit sy huis weg te vat nie
18 en wie in die veld is, moenie terugdraai om sy klere te vat nie.