16 Die een wat die vyf talente gekry het, het daarmee gaan handel dryf en vyf ander talente bygekry.
17 Net so het die een wat die twee gekry het, self ook twee ander bygekry,
18 maar hy wat die een ontvang het, het gegaan en in die grond gegrawe en sy meester se geld begrawe.
19 Ná ’n lang tyd het die slawe se meester gekom en hulle rekenings uitgewerk
20 en die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring nog vyf talente en sê: ‘My meester, vyf talente het u vir my gegee; ek het nog vyf talente bygevoeg’
21 en sy meester sê vir hom: ‘Goed so, goeie en betroubare slaaf, oor ’n bietjie was jy betroubaar, oor baie sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou meester.’
22 Die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: ‘My meester, twee talente het u aan my gegee; ek het nog twee talente bygevoeg.’