22 Die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: ‘My meester, twee talente het u aan my gegee; ek het nog twee talente bygevoeg.’
23 Sy meester sê vir hom: ‘Goed so, goeie en betroubare slaaf, oor ’n bietjie was jy betroubaar, oor baie sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou meester.’
24 Die een wat een talent ontvang het, kom ook en sê: ‘My meester, ek het u geken dat u ’n harde man is wat oes waar u nie gesaai het nie en bymekaarmaak waar u nie gedors het nie
25 en ek was bang. Ek het gegaan en u talent in die grond begrawe. Let op, dit wat aan u behoort.’
26 Sy meester antwoord en sê vir hom: ‘Jou slegte en lui slaaf, jy het geweet dat ek oes waar ek nie gesaai het nie en bymekaarmaak waar ek nie gedors het nie.
27 Dit was jou plig om my geld by die geldwisselaars in te gee en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.
28 Neem dan die talent van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien talente het,