33 en Hy sal die skape aan Sy regterhand en die bokke aan Sy linkerhand laat staan.
34 Dan sal die Koning vir dié aan Sy regterhand sê: ‘Kom, julle geseëndes van My Vader, kom erf die Koninkryk wat vir julle voorberei is vanaf die ontstaan van die heelal af,
35 want Ek het honger gehad en julle het vir My kos gegee; Ek het dors gehad en julle het vir My te drinke gegee; Ek was ’n vreemdeling en julle het My ontvang;
36 Ek was kaal en julle het My aangetrek; Ek was siek en julle het My versorg; Ek was in die tronk en julle het My besoek.’
37 Dan sal die onskuldiges Hom antwoord en sê: ‘Ons Meester, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors en te drinke gegee
38 en wanneer het ons gesien dat U ’n vreemdeling is en U ontvang; of kaal en U aangetrek
39 en wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’