44 en Hy het weer van hulle af weggegaan en vir die derde maal gaan bid en dieselfde woorde gesê.
45 Toe kom Hy by Sy studentevolgelinge en sê vir hulle: “Slaap maar voort en word verfris. Let op, die uur is naby en die Seun van die mens word oorgegee in die hande van sondaars.
46 Staan op, laat ons gaan; let op, hy wat My oorlewer is hier.”
47 Terwyl Hy nog praat, kom Y’hudah, een van die twaalf vanaf die leierpriesters en oudstes van die volk af en saam met hom ’n groot skare met swaarde en stokke.
48 Die een wat Hom oorlewer, Y’hudah, het vir hulle ’n teken gegee en gesê: “Die een wat ek sal soen, dit is Hy, gryp Hom!”
49 Hy roep dadelik na Yeshua en sê: “Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid, my Meester” en hy soen Hom,
50 maar Yeshua sê vir hom: “Het jy hiervoor gekom, My vriend?” Toe kom hulle nader en slaan die hande aan Yeshua en gryp Hom