55 In dieselfde tyd het Yeshua vir die mense gesê: “Het julle soos teen ’n dief uitgekom met swaarde en stokke om My te vang? Daagliks het Ek langs julle gesit en leer in die tempel en julle het My nie gevang nie,”
56 maar dit het alles gebeur sodat die Skrifte van die profete vervul sou word. Toe het al die studentevolgelinge van Hom af weggegaan en gevlug
57 en die wat Yeshua gevange geneem het, het Hom weggevat na Kayafa, die hoofpriester, waar die leraars van die wet en die oudstes bymekaar was.
58 Shim’on Kefa het Hom van ’n afstand af gevolg tot by die paleis van die hoofpriester en hy het ingegaan en by die wagte gaan sit om die resultaat te sien.
59 Die leierpriesters, die oudstes en die hele Joodse Raad het getuienisse teen Yeshua gesoek om Hom dood te maak
60 en niks gevind nie. Alhoewel daar baie met onwaar getuienis gekom het, het hulle niks gevind nie. Eindelik kom daar twee
61 en sê: “Hierdie man het gesê: ‘Ek is by magte om die tempel van God af te breek en dit in drie dae op te bou’.”