71 Terwyl hy uitgaan na die stoep toe, sien ’n ander slavin hom en sê aan dié wat daar was: “Hierdie een was ook by Yeshua, van Natzeret.”
72 Met ’n eed ontken hy dit weer: “Ek ken die Man nie.”
73 ’n Rukkie later kom dié wat daar staan en sê vir Kefa: “Waarlik, jy is ook éen van hulle, want ook deur jou uitspraak is dit duidelik.”
74 Toe begin hy vloek en sweer: “Ek ken die Man nie.” Dadelik het die haan gekraai
75 en Kefa het die woord van Yeshua onthou wat Hy vir hom gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal ontken” en hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.