15 By elke fees was die goewerneur gewoond om een gevangene, die mense se keuse, vir hulle vry te laat
16 en in daardie tyd het hulle ’n prominente gevangene gehad wat Bar-Abba genoem is.
17 Omdat hulle dan byeengekom het, sê Pilatos vir hulle: “Wie wil julle hê moet ek vir julle vrylaat: ‘Bar-Abba, of Yeshua wat genoem word ‘Die Gesalfde Een’?”
18 Hy het geweet dat hulle Hom uit afguns oorgelewer het.
19 Terwyl hy op die regstoel sit, het sy vrou na hom toe gestuur en gesê: “Moet niks te doen hê met dié Onskuldige Een nie, want ek het vandag in ’n droom baie gely as gevolg van Hom.”
20 Die leierpriesters en die oudstes het die skare oortuig dat hulle Bar-Abba moes vra, maar Yeshua vernietig.
21 Die goewerneur antwoord en sê vir hulle: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?” Hulle antwoord: “Bar-Abba!”