32 Terwyl hulle uitgaan, vind hulle ’n man van Kurene, met die naam van Shim’on en dwing hom om Sy kruis te dra
33 en hulle het gekom by ’n plek wat Gulgolta genoem word; dit beteken: Plek van die Kopbeen.
34 Hulle het vir Hom asyn, met ’n doofmiddel gemeng, gegee om te drink en toe Hy dit proe, wou Hy nie drink nie,
35 maar toe hulle Hom gekruisig het, het hulle Sy klere verdeel deur die lot te werp.
36 Hulle het gaan sit om daar oor Hom wag te hou
37 en bokant sy kop het hulle sy oortreding neergeskryf: HY IS YESHUA, DIE KONING VAN DIE JODE.
38 Saam met Hom is twee diewe gekruisig, een aan die regter- en een aan die linkerkant.Ps 22:8