35 maar toe hulle Hom gekruisig het, het hulle Sy klere verdeel deur die lot te werp.
36 Hulle het gaan sit om daar oor Hom wag te hou
37 en bokant sy kop het hulle sy oortreding neergeskryf: HY IS YESHUA, DIE KONING VAN DIE JODE.
38 Saam met Hom is twee diewe gekruisig, een aan die regter- en een aan die linkerkant.Ps 22:8
39 Die verbygangers het Hom beledig terwyl hulle hul koppe skud
40 en sê: “U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom van die kruis af!”
41 Net so het ook die leierpriesters, saam met die leraars van die wet, die oudstes en die Fariseërs, gespot en gesê: