52 die grafte het oopgegaan en baie liggame van die afgesonderdes, het opgestaan.
53 Hulle het weggegaan van die grafte af en ná Sy opstanding het hulle in die afgesonderde stad ingekom en aan baie verskyn.
54 Toe die hoofman oor ’n honderd en die wat saam met hom by Yeshua waggehou het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bang geword en gesê: “Waarlik, hierdie is die Seun van God.”
55 Daar was baie vroue wat van ver af gekyk het, wat vir Yeshua van die Galil af gevolg en Hom versorg het.
56 Tussen hulle was daar Miryam van Migdala en Miryam, die moeder van Ya’akov en Yosef en die moeder van die seuns van Zavdai.
57 Toe dit aand geword het, het daar ’n ryk man van Ramatayim gekom met die naam van Yosef, wat self ook ’n studentevolgeling van Yeshua was.
58 Hy het na Pilatos gegaan en die liggaam van Yeshua gevra en Pilatos het beveel dat die liggaam aan hom oorgegee moes word.